Hengelkompetisie

Kaartjies

Die kaartjies kos N$170 en sal vir vissermanne ‘n driedubbele doel dien. Daarmee registreer hulle vir die kompetisie, kry hulle toegang tot die feestent en kom in aanmerking vir die gelukstrekking as deel van die kompetisie.

Die plekke waar die kaartjies op die kusdorpe beskikbaar is:

Hentiesbaai
Leon’s Tackle Shop
Puma Diensstasie
Total Diensstasie
Skubbe Pub & Grill
Vissermans Paradys

Swakopmund
Leon’s Tackle Shop
Commercial Marine

Walvisbaai
Angler’s Kiosk
Super Sport

Navrae
Leon Krauze
Tel: 081 208 7659
e-pos: lkrauze@iway.na

Pryse

Swaarste eetbare vis – N$10 000 – Steckels Toyota
Tweede swaarste eetbare vis – N$7 000 – Steckels Toyota

Kabeljou
1ste Prys – N$5 000 – Steckels Toyota
2de Prys – N$3 000 – FNB

Steenbras
1ste Prys – N$5 000 – Steckels Toyota
2de Prys – N$3 000 – FNB

Galjoen
1ste Prys – N$5 000 – Steckels Toyota
2de Prys – N$3 000 – FNB

Dassie
1ste Prys – N$5 000 – Steckels Toyota
2de Prys – N$3 000 – FNB

Baber
1ste Prys – N$2 000 – FNB

Swaarste Roofvis – N$1000 – FNB
(Chad/Garrick)

 

Gelukstrekking

Naweek vir 2:  N$2 000 (Selfsorg: 2 nagte, 6 persone)

Naweek vir 6 (Selfsorg): N$2500 – Angel Krauze Properties

2 Nagte vir 4 (Selfsorg): N$ 2500 – Namib Shore Self-catering

2 Nagte vir 2 (B&B): N$2500 Fisherman’s Guesthouse

5 x N$1000 Geskenkbewyse – Tubestone

Reëls

  1. Die visvanggebied strek vanaf Sandvis Hawe tot by die Ugab Rivier mond, vanaf 05:30 tot 16:00 op 26 Augustus 2017.
  2. Die inweeg van vis sal tot 16:00 op 26 Augustus 2017 plaasvind en streng toegepas word. (Geen vis sal na die tyd ingeweeg word nie.)
  3. Elke hengelaar sal verantwoordelik wees om sy/haar vis betyds by die inweeg te hê.
  4. Die prysuitdeling sal by die Hooftent langs die Hentiesbaai Golfklub plaasvind.
  5. Slegs visse wat op 26 Augustus 2017 gevang is, sal inaggeneem word vir pryse.
  6. Elke hengelaar moet sy/haar naam aanbring op die kaartjie. Identifikasie sal verlang word.
  7. Hengel Kompetisie kaartjies sal slegs tot 05:30 op 26 Augustus 2017 beskikbaar wees.
  8. Slegs hengel vanaf die strand, met ‘n visstok en katrol is toelaatbaar, en is onderhewig aan die regulasies van die Ministry of Fisheries & Marine Resources.
  9. Slegs een prys per kaartjie sal toegelaat word.

die hengelgebied